U Testament is belangrik
Die afsterwe van ‘n geliefde is nie alleen ‘n emosionele trauma nie, maar gaan dikwels ook gepaard met onsekerheid en selfs finansiële krisis vanweë die feit dat daar geen of onvoldoende boedel beplanning voor afsterwe was.
Wanneer ‘n persoon intestaat te sterwe kom, dit wil sê sonder dat die persoon ‘n testament opgestel het wat aan die wetlike vereistes voldoen, het dit die volgende gevolge:
1. Bates vererf in terme van die Wet op Intestate Erfopvolging aan die oorledene se gade en/of kinders, soos proporsioneel deur die Wet voorgeskryf. Geen nie-bloedverwante ontvang ‘n erflating nie.
2. In die geval van gelyktydige afsterwe van gades met minderjarige kinders, is geen voog aangewys in wie se sorg die kinders geplaas kan word nie. Familielede moet ‘n voog nomineer wat moontlik nie die oorledene se voog van keuse was nie.
3. Die erflating aan minderjariges in terme van die Wet op Intestate Erfopvolging, word deur ‘n afdeling van die Meesterskantoor genaamd die Voogdyfonds bestuur en beheer tot met meerderjarigheids ouderdom. Alle fondse wat benodig word vir die onderhoud van die kinders moet op ‘n kwartaalikse basis van hierdie Fonds aangevra en gemotiveer geword deur die kind/ers se voog.
4. Geen eksekuteur is aangewys wat aanmelding en bereddering van die boedel sal hanteer nie en familielede van die oorledene moet ‘n geskikte persoon identifiseer en nomineer as eksekuteur.
5. Die eksekuteur genomineer moet dikwels sekuriteit lewer vir die waarde van die boedel alvorens sy aanstelling deur die Meester bekragtig sal word.
6. Geen eksekuteursfooi is vooraf ooreengekom nie.
7. Die aanmelding en bereddering van die oorledene se boedel word vertraag.
8. Die boedel is vatbaar vir boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting aangesien die oorledene moontlik nie stappe geneem het vir beperking van sy belasting aanspreeklikhid nie.
Vanweë die probleme hier geïdentifiseer, het die Law Society of South Africa die Testament week as ‘n jaarlikse inisiatief ingestel . Tydens hierdie week kan enige persoon ‘n eerste testament GRATIS laat opstel by ‘n prokureur wat aan die inisiatief deelneem. Christo Dippenaar Prokureurs in Bloemfontein neem hieraan deel.
Die publiek geniet die versekering dat ‘n opgeleide regspraktisyn met u sal konsulteer en adviseer om ‘n testament op te stel wat u behoeftes en wense aanspreek. Konsultasies vind slegs per afspraak plaas en afsprake is wel beperk. Skakel gerus vandag ons kantore by om meer inligting hieroor te bekom of indien u belangstel om ‘n afspraak te maak by ons Boedelberedderaar, Karin Smit. (karin@cjd.co.za 051 - 430 2370)